Thursday, July 30, 2009

Jou beste lewe nou - Joel Osteen


Baie mense gaan deur die lewe met 'n swak selfbeeld, negatiwiteit en minderwaardigheidsgevoelens. Ander weer sien geluk as iets wat altyd eendag met hulle sal gebeur. Waarlik gelukkige, vervulde mense is die wat geleer het hoe om hul beste lewe reeds nou te leef. Hoe breek jy deur hierdie negatiewe denkpatroon sodat jy jou volle potensiaal kan uitleef? Die antwoord is in 'n nuwe manier van dink oor jou lewe. Deur die volgende sewe stappe te begin doen, kan jy die eerste tree op die pad na 'n besondere toekoms gee: Verbreed jou visie ontwikkel 'n gesonde selfbeeld, ontdek die krag van jou woorde en denke, maak jou los van die verlede, groei deur swaarkry, leef om te gee, kies om gelukkig te wees. Joel Osteen se unieke insig en bemoediging help mens regtig om die struikelblokke op jou pad te oorkom, jou Godgegewe doel en potensiaal te besef en te begin om jou beste lewe nou reeds te leef. Oral beskikbaar, Cum boeke, Lux Verbi, Gospel Direct teen ongeveer R129.

No comments:

Post a Comment