Thursday, July 30, 2009

Bittersoet - Natasja Sutherland



In dié inspirerende boek skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van ’n enkelvrou oor haar aanbeweeg van “Gebreek”, na “Verbind” tot om “Bevry” te wees.
Natasha Sutherland was die prinses wat met haar droomprins, ’n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en ’n suksesvolle beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer. Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.
In die drie dele kan jy lees oor ...
Mans en liefde
Die huwelik en seks
Vroue en vriendskap
Affairs en ontrouheid
Kinders en egskeiding
Alleenheid en depressie
Engele en gebed
Stilte en dans
... en hoe om ’n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak.
Aanvanklik lees ’n mens Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie ’n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit ’n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin – soos vergifnis – vir altyd sal verander. Beskikbaar by Carpe Diem.

Oros vir die Siel - Susan Coetzer


'n Ontroerende verhaal van ’n vrou se reis van ontnugtering tot ’n lewe met ’n doel, ’n reis terug na die lig en die liefde. Inspirerende moet-lees. Beskikbaar by Carpe Diem teen ongeveer R130.

The Shack - William P Young


Mackenzie Allen Philips's youngest daughter, Missy, has been abducted during a family vacation, and evidence that she may have been brutally murdered is found in an abandoned shack deep in the Oregon wilderness. Four years later, in this midst of his great sadness, Mack receives a suspicious note, apparently from God, inviting him back to that shack for a weekend. Against his better judgment he arrives at the shack on wintry afternoon and walks back into his darkest nightmare. What he finds there will change his life forever...A moving story with hope. Especially for all those ...why God? questions. Available where books are sold around R200.

Tuesday, July 28, 2009

Hou vas aan geloof selfs...wanneer God nie sin maak nie - Dr J Dobson (CUM)


Uitstekende boek vir enige iemand wat al persoonlike swaarkry van watter aard ook al moes deurmaak of tans selfs deurmaak. Ons het altyd wanneer 'n krisis ons bedreig soveel hoekom en waarom vrae; hierdie boek maak die antwoorde van hierdie vrae net soveel makliker en verstaanbaar waarom swaarkry en krisisse ons bedreig.
Hy is by CUM boeke beskikbaar teen R89.90.