Tuesday, August 11, 2009

Wees lief vir my - Paula White


Die meeste vroue soek liefde meer as enigiets anders. 'n Vrou se behoefte om bemin te word is natuurlik - dit is 'n Godgegewe begeerte om liefgehê te word en liefde te bewys. Daar mag probleme en konflik wees, emosionele hoogtepunte mag ons voete onder ons uitslaan. In hierdie boek verduidelik die skryfster hoe baie vroue vasgevang is in 'n kringloop van ontoereikende verhoudings en hoe God se onvoorwaardelike liefde genesing en herstel kan bring. Dit wys hoe om:

  • die verlede agter te laat

  • God se liefde vir jou te ervaar

  • toe te laat dat god se liefde jou volkome vervul

  • vry te wees om ander lief te hê.

Slegs deur God se liefde te aanvaar, kan jy jouself vind. Hierdie boek nooi jou om jou seer en leegheid te verruil vir sy onvoorwaardelike liefde en 'n vreugdevolle toekoms tegemoet te gaan.

Beskikbaar by Christelike boekwinkels teen ongeveer R99.

No comments:

Post a Comment